Die Blitsbokke het nie ’n goeie naweek by die Dubai Sewes gehad nie en moes uiteindelik met die sesde plek tevrede wees waar hulle teen Frankryk met 15 – 17 vasgeval het.
Die Groen en Goud het die toernooi goed begin en Australië met 17 – 0 getrap maar in wedstryd nommer twee het Kenia in een van die mees omstrede TV beslissings tot op datum met ’n sege van 22 – 17 teen die Suid-Afrikaners geskok.
*In die VRK-reeks het die Leeus teen Munster in Limerick met 10 – 17 vasgeval terwyl die Bulle ook weg in Galway gespeel het en het Connacht met 28 – 14 uitoorlê.
Die stryd tussen die Sharks en die Stormers in Durban het kookwater spel opgelewer waar die Piesangboere die Kapenaars met 21 – 15 kon troef.
Die besoekers het byna die partytjie vir die tuisspan bederf waar die Stormers se nommer 10 Manie Libbok in die 85ste minuut oorgeval het vir ’n skitterende terugveg drie maar die televisie skeidsregter het Marius van der Westhuizen se aandag daarop gevestig dat daar ’n ligte aanslaan van die einste Libbok was waar diè plaasvervanger nommer 10 skrumskakel gespeel het en die bal uit sy hand vorentoe gespat het.