RUGBY – Die Blitsbokke se wisselvallige vertonings in die Wêreld 7’s reeks duur voort nadat hulle 11de uit 12 spanne in die naweek se toernooi in Los Angeles geëindig het.

Die Groen en Goud het darem hul laaste wedstryd teen Kanada met 28 – 15 gewen. In die groepwedstryde het dit egter ook broekskeur gegaan en het die Blitsbokke teen Ierland , Argentinië en Samoa vasgeval.

*Die Suid-Afrikaanse vroue span het egter hard probeer in hul kwarteindstryd teen die VSA maar eindelaas met 24 – 7 die onderspit gedelf. In die uitspeelronde vir die 5de plek wat Maandagoggend afgehandel is het Frankryk egter die krane oopgedraai en met 53 – 0 die Vroue Bokkies pakslae gegee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×