RUGBY–  Die Blitsbokke het hul 6de agtereenvolgende Wêreld Rugby 7’s reeksoorwinning in Sevilla, Spanje behaal toe hulle die Aussies in die eindstryd met 33 – 7 geklop het.

Australië het sterk begin en die Bokke vroeg onder druk geplaas maar Neil Powell se span het weereens bewys waarom hulle nommer een in die wêreld is deur met perfekte tydsberekening hul geleenthede in punte te omskep het.

Die toernooi verskuif volgende maand na Vancouver, Kanada vir die 5de ronde van die Wêreld 7’s reeks.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×