RUGBY – Nie eens ’n stofstorm in Dubai sou die Blitsbokke kon stuit om hul 4de agtereenvolgende titel in diè woestynstad die afgelope naweek te kon inpalm nie.

Suid-Afrika het Ierland in die eindstryd oortuigend met 21 – 5 geklop en sodoende ook sommer reeds ’n vroeë kersgeskenk vir nuwe afrigter “Stix” Ngcobo gegee waar hy ook in slegs sy 2de toernooi reeds met ’n goue medalje in sy trofeekas kan spog.

Alhoewel Suid-Afrika Vrydagoggend oor die eerste hekkie gestruikel het, het die span daarna laer getrek en met aanvallende spel en rotsvaste verdediging hul opposisie daarna in elke wedstryd al hoe meer vrae laat begin vra het. Veral die nuweling Ricardo “Tricky Ricky” Duarttee het die kommentators gaande gehad en is beslis ’n speler waaraan die nasionale span sal moet vasklou.

Die Bok blitse wat nou reeds 10 keer in Dubai met diè titel weggestap het sal eerskomende naweek met baie meer selfvertroue op tuisbodem speel wanneer die Mans- en Vroue toernooi in Kaapstad afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×