RUGBY – Die Blitsbokke kon weereens nie die mas in die Vancouver 7’s-toernooi opkom nie en moes met die uiteindelike 9de plek tevrede wees nadat hy Australië  met 24 – 7 kon klop in diè uitspeelwedstryd.

In die groepwedstryde het die Suid-Afrikaners wel met Nieu-Seeland afgereken maar daarna teen Brittanje en Ierland vasgeval.

Die S.A vroue 7’s span was ook nie opgewasse teen die ander spanne nie en het laaste in die Vancouver toernooi geëindig.

Argentinië het uiteindelik met die titel weggestap na ’n maklike sege van 36 – 12 oor Nieu-Seeland in die eindstryd terwyl Frankryk die 3de plek behaal deur die VSA te oorrompel het met 42 – 12.

 

*In die Sesnasies-reeks het Italië vir ’n opskudding gesorg deur met 13 – 13 gelykop te gespeel het teen Frankryk.

Alhoewel die Franse voorlangs oorheers het, het sake begin skeefloop vir die Hane in die 2de helfte deur swak hanteerwerk en ongedissiplineerde spel.

Die Italianers het met inklimspel nooit gaan lê en het die heelagter Ange Capuozzo in die doodsnikke oorgegaan om die tellings gelykop te maak.

Die Azzurri se losskakel Paolo Garbisi kon egter nie ’n 1ste wegsege vir sy land sedert 1997 oor die Hane  help bewerkstellig nie toe sy doelskop die linker-regoppaal ook daarna getref het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×