Die Blitsbokke sal die naweek se Vancouver-sewestoernooi as ’n geleentheid sien om weer momentum in hulle groep te kry na teleurstellende vertonings by vorige toernooie.
Die Suid-Afrikaners sukkel met konsekwentheid in vanjaar se reeks en het sesde geëindig by die eerste toernooi in Dubai gevolg deur ‘n geskiedkundige oorwinning in Kaapstad en ‘n vierde plek in Perth.
Met slegs twee toernooie oor sê die mede-kaptein Impi Visser dat die span n groot vertoning moet insit om hulle plek op die punte leer te verbeter en hul selfvertroue ‘n hupstoot gee.
Die Blitsbokke is tans vierde in die reeks met ‘n taai groep-rondte wat wag in Vancouver waar hulle Vrydagaand teen Nieu-Seeland te staan kom en dan Saterdagoggend weer vir Ierland en Australië sal pak.