Die Blitsbokke het in ’n verwoede terugvegpoging gewys dat hulle nooit tou opgooi nie maar dit was eindelaas nie genoeg om die die Vancouver sewes titel in te palm nie.
Argentinië het hierdiè klipharde eindstryd met 19 – 12 gewen wat ook die Pumas se vierde agtereenvolgende keer was dat hulle met die louere hièr wegstap.
Die Groen en Goud het vroeër die gevaarlike Fidji in ’n dramatiese halfeindronde wedstryd met slegs ses man met 12 – 10 uitgestof en beklee na die Vancoucer ekskursie steeds die vierde plek op die SVNS-reeks se punteleer.
In die VRK-reeks het die Bulle hul derde plek op die punteleer versterk nadat hulle die Leeus op Loftus met 31 – 19 uitgestof het.
Die Ligbloues het na 12 minute se spel reeds 17 – 0 voorgeloop maar die agterdeur bly oophou vir die Rooibontes wat halftyd met slegs drie punte agter was.
In die tweede helfte het die tuisspan egter basiese rugby gespeel en met nog twee drieë in onderskeidelik die 45ste en 55ste minuut die oorwinning verseël.
In die Sesnasies-reeks het Engeland met 16 – 15 deurgeskuur teen Skotland , Ierland het Wallis se wendroogte laat voortduur met ’n oorwinning van 27 – 18 oor die Rooi Drake terwyl Frankryk 10 drieë ingeryg het in ’n weghol-sege van 73 – 24 oor Italië.