Die Springbok-stut Gerhard Steenekamp oefen weer by die Vodacom Bulle nadat ‘n knie-infeksie sy herstel van ‘n kraakbeenoperasie vertraag het.
Alhoewel hy nog nie wedstryd-gereed is nie hoop afrigter Jake White dat Steenekamp betyds kan terugkeer vir die uitspeelwedstryde en Junie se toetswedstryde.
White sê Steenekamp werk hard om fiksheid en selfvertroue te herwin en die span sal eers ‘n aankondiging oor sy terugkeer maak sodra hy heeltemal gereed daarvoor is:
**LUISTER: AFRIGTER JAKE WHITE OOR GERHARD STEENEKAMP SE TERUGKEER**