RUGBY – Die Bokke se sogenaamde B-span het die onbeholpe Wallabies Saterdag in Perth weer ’n rugbyles geleer nadat die wêreldkampioen die Goue Truie met 30 – 12 verniel het in Perth.
In diè wedstryd wat in ongure weer gespeel is het die Bokspan uitgetroon en die tuisspan se ondersteuners sprakeloos gelaat en 4 keer gaan grond koop in die doelgebied terwyl Australië met net 4 strafdoele kon terug antwoord.
Suid-Afrika sal nou ongeveer 2 weke voorbereidingstyd het wanneer hulle teen ou aartsvyande Nieu-Seeland op die 31ste Augutus op Ellispark sal uitdraf. Die All Blacks was ook verwoestend die naweek nadat hulle Argentinië met 42 – 10 in Auckland gestoomroller het.
*In die Curriebeker reeks het die Goue Leeus die Westelike Provinsie met 41 – 22 ore aangesit terwyl die verdedigende kampioen die Cheetahs met 20 – 25 teen die Haaie in die Toyota Stadion ’n oorwinning uit hul hande laat glip het.