RUGBY – Die Spring Bokke het reggekry wat geen ander span nog kon vermag nie: Om die William Webb Ellis trofee vir ‘n 4de keer as die Wêreldrugby kampioen omhoog te kon lig.

Die Bokke het met ’n manjifieke spanpoging vorendag gekom om die All Blacks met 12 – 11 in Stade De France  te kon klop.

Dit was ’n tipiese eindstryd waar nie een van die spanne ’n tree vir mekaar wou terugdeins nie maar in die 26ste minuut het die damwal egter gebreek en is die Swart Truie se leier Sam Cane se geelkaart opgegradeer na rooi en het hy die res van die tyd langs die kantlyn deurgebring.

Suid-Afrika het ook soos tiere verdedig en hier het Man-van-die-Wedstryd Pieter-Steph du Toit sy hart uitgespeel en saam met sy spanmaats ’n totaal van 209 duikslae uitgevoer.

Alhoewel die All Blacks oorgenoeg geleenthede gehad het om die 10 strafskoppe in punte te omskep het was ’n verkeerde opsie of 2 geneem rakende die skopwerk na die pale en was dit op die ou einde die verskil tussen wen en verloor.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×