RUGBY – Die Springbokke het in hul opwarmingswedstryd teen Wallis behoorlik die krane oopgedraai en die Rooi Drake met ’n rekordtelling van 52 – 16 op die Principality Stadion in Cardiff slae gegee.

Suid-Afrika het 8 drieë ingeryg wat ook ’n strafdrie ingesluit het terwyl die tuisspan aan die einde met net ’n enkele 1 kon terugantwoord.

Die kaptein Siya Kolisi het ook goed vertoon en nie gelyk asof hy nog las van sy besering het wat hom lank op die kantlyn gehou het.

Die Bokke pak die All Blacks ook nou eerskomende Vrydagaand in hul laaste oefenwedstryd voor die wêrelbeker toernooi in Frankryk afskop.

Diè wedstryd teen die Swart Truie begin 20:30 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×