Die Springbokke sal in vanjaar se laaste wedstryd van die Rugby Kampioenskap teen Argentinië te staan kom op ‘n neutrale veld.
Die twee nasies se Rugby unies het Dinsdag bevestig dat die Bokke en die Pumas op 4 Oktober mekaar die stryd sal aansê op Twickenham in Londen.
Volgens die President van die Argentynse Rugbyunie Gabriel Travaglini is dit vir hulle ‘n eer om teen die Wêreldkampioen te speel op die tuiste van rugby.
Dit sal slegs die tweede Rugby Kampioenskap wees wat buite Suid-Afrika , Argentinië, Nieu-Seeland of Australië gespeel word, met die Los Pumas wat die Wallabies in Londen aangevat het in 2016.