RUGBY –  Alhoewel die Springbokke nie die Rugby Kampioenskaps-titel verower het nie sal die Wêreldkampioen nog steeds trots voel op hulle vertoning Saterdagaand toe hulle die Poemas met 38 – 21 in Durban geklop het.

Die tuisspan is met 5 drieë beloon wat ook 2 strafdrieë ingesluit het terwyl Argentinië ook 2 keer agter die doellyn ‘n draai gaan maak het.

Die dissipline het aan beide kante gepla het en toe die Aussie skeisdsregter Damon Murphy boonop geelkaarte soos lekkergoed begin uitdeel het die Groen en Goud laer getrek en aanval na aanval bly afweer het vir ‘n welverdiende oorwinning.

In die ander wedstryd wat vroeg Saterdagoggend gespeel is het die All Blacks ook net weereens die feit onderstreep dat hulle wêreldklas is toe hulle die Wallabies met 40 – 14 op Eden Park afgeransel het.

Die eerste punte was eers na 21 minute op die telbord maar daarna het die tuisspan die oorhand gekry en die goue truie eenvoudig net nie toegelaat het om weer terug te deins nie en met hierdiè spogvertoning verseker dat hulle bo-aan die puntetabel geëindig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×