Die Springbokke het Sondagaand op Murrayfield hulle jaareindtoer afgeskop met ‘n 32-15 oorwinning oor Skotland.

Makazole Mapimpi druk twee puik drieë, en trek gelyk met Jaque Fourie as die spelers met die derde meeste drieë vir die Springbokke.

Hulle staan op 32, maar dit het vir Fourie 72 wedstryde geneem om daar uit te kom, terwyl Mapimpi gisteraand sy 46ste wedstryd gespeel het.

Alhoewel daar goeie drieë gedruk was in die toets in Edinburgh, en die Bokke uiteindelik met 17 punte gewen het, voel afrigter Rassie Erasmus sy span het nie gespeel op die standaard van wat daar van ‘n Springbok verwag word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×