RUGBY – Magnifico! – is hoe Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners die Bokke se spel kon opgesom het nadat hulle lag-lag met Italië klaargespeel het in die 3de wedstryd van hul jaareinde toer.
Die Bokke het die Azzurri met 63 – 21 gestoomroller wat 9 skitter drieë ingesluit het terwyl die tuisspan slegs 2 keer hul opponente se doelgebied kon kruis. Die Bokke se agter driehoek was vuurwarm met Willie le Roux , Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe wat die Italianers aan die raai gehou het maar dit bygesê het die senter kombinasie van de Allende en Esterhuizen met swak verdediging die momentum so effens gekniehalter.
Voorlangs het Suid-Afrika se agttal onder leiding van Siya Kolisi weer soos ‘n wêreldkampioenspan gelyk wat met die trots van die Springbok hul harte uit gespeel het. Die Bokke sal egter nou dadelik weer moet oorskakel na die volgende rat wanneer Engeland eerskomende Saterdag op Twickenham op hulle wag. Die Engelse sal hierdiè wedstryd met baie selfvertroue tegemoet gaan nadat hulle ook die afgelope naweek gelykop teen die All Blacks gespeel het met 25-elk.