Die Springokke het dit 3 uit 3 in die Rugby Kampioenskaps-reeks gemaak na ‘n klipharde stryd teen die All Blacks in Johannesburg waar die wêreldkampioen met 31 – 27 die septer kon swaai.
Die Groen en Goud en Swart Truie het albei 3 drieë gedruk terwyl Sacha Feinberg-Mngomezulu en Damian Mckenzie met 2 doelskoppe elk ook in die kol was.
Feinberg- Mngomezulu was egter meer akkuraat met sy strafskoppe na die pale en het 4 keer die vlaggies van die lynskeidsregters laat opskiet waar een daarvan ’n reuse skop van bykans 60m was.
Diè rugby sepie word eerskomende Saterdag weer in die DHL-Stadion in Kaasptad voortgesit om 17:00.
*In die Curriebeker-reeks het die Leeus die Bulle in Midrand met 57 – 33 uitstof terwyl die Griekwas die verdedigende kampioen die Cheetahs pakslae gegee met ’n telling van 44 – 31 in Kimberley.
Die Haaie het 3de ingeskuif op die punteleer na ’n oortuigende 75 – 19 sege oor die Griffons in Durban terwyl die Pumas na die Kaap gereis waar die sukkelende WP egter met 39 – 30 die bordjies verhang het teen die besoekers uit die Laeveld.
Die Leeus is nou bo-aan die Curriebeker-reeks met 38 ligapunte gevolg deur die Bulle , Haaie en die Cheetahs wat op 25 een punt voor die Pumas in die top 4 kon bly.