Die Springbokke het met ‘n skitter sege oor die All Blacks in die Rugbykampioenskap-reeks gewys dat hierdiè span nou as die een van die bestes van alle tye nou beskou word.
Die Bokke het die hardnekkige All Blacks met 18 – 12 in Kaapstad geklop en ook die Vryheidsbeker wat tussen diè twee rugbyreuse beslis word vir die eerste keer in die 15 jaar gewen. Dit was dan ook die eerste keer in 75 jaar dat Suid-Afrika die Nieu-Seelanders vier keer agtermekaar streepsuiker gegee het.
Suid-Afrika het die enigste twee drieë in diè kragmeting gedruk terwyl Nieu-Seeland hul punte alleenlik met strafskoppe kon insamel.
In die Curriebeker reeks het die verdedigende kampioen die Cheetahs hul plek in eerskomende naweek se halfeindstryd vasgemaak toe hy die Pumas in Nelspruit met 41 – 14 uit die pad gevee het en nou na Johannesburg reis waar hy die Leeus die stryd gaan aansê.
Die Haaie en Bulle het mekaar Sondag se laaste ronde van die kompetisie lekker opgedreun wat die Piesangboere gewen het met 24 – 18 maar sal nou weer in ’n herontmoeting sake uitspook aangesien diè twee spanne mekaar nou in Pretoria gaan pak om te bepaal wie in die eindstryd sal uitdraf.