Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het tien veranderinge aan sy beginspan gemaak wat die naweek teen Argentinië te staan sal kom in hulle voorlaaste Rugbykampioenskap kragmeting in Santiago del Estero.

Die vyf spelers wat hul plek behou in die beginspan is Ox Nche, Ruan Nortje, Jasper Wiese, Handre Pollard en Jesse Kriel.

Aphelele Fassi, Kurt-lee Arendse en Makazole Mapimpi vorm die agterste driehoek, terwyl Cobus Reinach begin in die nommer nege trui.

Onder die voorspelers begin Malcolm Marx op haker langs Thomas du Toit en Nche in die voorry, Salmaan Moerat sal die span lei en op slot sak langs Nortje, en Marco van Staden en Ben-Jason

Dixon sluit by Wiese aan as losvoorspelers.

Jan-Hendrik Wessels, Gerhard Steenekamp, Vincent Koch, Eben Etzebeth, Elrigh Louw, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse en Manie Libbok sal van die plaasvervangersbank ‘n impak maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×