RUGBY – Die Springbokke en die Wallabies sal mekaar môreoggend die stryd aansê wanneer die Kampioenskaps-Reeks op die Adelaide Oval voortgesit word.
Afrigter Jacques Nienaber het 2 veranderinge aan sy beginspan gemaak wat teen die All Blacks in Johannesburg vasgeval het. Warrick Gelant vervang Jessie Kriel op regtervleuel terwyl die blonde baron Faf de Klerk ‘n terugkeer maak in die plek van Jaden Hendrikse in die nommer 9 trui.
Suid-Afrika se wegrekord teen Australië is as volg:
41 toetse gespeel: 12 gewen, 27 verloor en 2 was gelykop. Die Bokke se grootste oorwinning oor die Aussies was 38 – 12 in Brisbane in 2013.
Afskoptyd is 07:30 (SA)