Die Springbokke se skedule vir die 2025 jaareindtoer is Woensdag aangekondig waar wedstryde teen Frankryk, Italië, Ierland en Wallis op die Groen en Goud wag.
Die toer sal afskop met die Bokke wat terugkeer na Stade France vir die eerste keer sedert Siya Kolisi en sy krygers in 2023 Frankryk se Wêreldbeker droom in die kwarteindstryd in skerwe gelaat het.
Diè wedstryd teen Frankryk sal op 8 November beslis word terwyl hulle toer in Wallis op 29 November tot ‘n einde toe kom.
Intussen sal Ierland en Nieu-Seeland weer reis na Amerika vir ‘n kragmeting op Soldier Field in Chicago waar die Iere hulle eerste oorwinning oor die All Blacks behaal het in 2016.
Nieu-Seeland sal daarna reis na Skotland, Engeland en Wallis terwyl Australië teen Engeland, Italië, Ierland en Frankryk te staan sal kom.