RUGBY – Die Springbokke het Saterdagaand menige ondersteuners ‘n paar benoude oomblikke laat beleef maar kon uiteindelik in ‘n wipplank-wedstryd teen Argentinië met 36 – 20 as wenners van die veld stap.

Die wêreldkampioen het blitsvinnig weggespring en ‘n handige voorsprong van 22 – 6 opgebou en sodoende die tuisskare tjoepstil gespeel maar na lemoentyd was die Poemas egter in ‘n ander klas en het met puik terug aanvalspogings keer op keer die Bokke op die agtervoet gehad.

Die Groen en Goud  het met tye onbeholpe gelyk en die dissipline het gepla maar hierdiè span weet blykbaar hoe om druk op kritiese oomblikke te hanteer . Die 2 geel kaarte teen onderskeidelik Willie le Roux en Kwagga Smith het byna die appelkar vir die besoekers omgegooi maar drieë deur Damian de Allende en Malcolm Marx in die laaste 6 minute het die skaal in Suid-Afrika se guns geswaai en ‘n suksesvolle missie na Suid-Amerika afgesluit.

Diè twee spanne ontmoet weer eerskomende naweek in Durban en Siya Kolisi-hulle sal dan presies weet wat gedoen moet word om die Rugbykampioenskaps-reeks titel te beklink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×