Die Springbokke het vir die eerste keer sedert 2013 ’n jaareindtoer onoorwonne afgesluit toe hulle Wallis in die Principality-Stadion met 45 – 12 getrap het.
Volgens die Bok-breier Rassie Erasmus het alles nie 100% volgens die wedstrydplan verloop nie maar die telbord het die laaste sê gehad. Die Groen en Goud het sewe drieë ingeryg terwyl die Drake ook met net twee kon terug antwoord.
Die wêreldkampioen spog nou met ’n wenpersentasie van 84.6% – 11 oorwinnings uit 13 toetse wat meer as 20% bo Suid-Afrika se gemiddeld in toetsrugby is.
In van die ander wedstryde wat ook gespeel is het Frankryk vir Argentinië met 37 – 23 geklop , Ierland het Fidji met 52 – 17 oorheers terwyl die All Blacks vir Italië met 29 – 11 kon uitsien.
*Pieter-Steph du Toit is Sondagaand as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys terwyl Rassie Erasmus ongelukkig uitgemis het op die toekenning as Afrigter van die Jaar wat aan Frankryk se sewes afrigter Jèrôme Daret toegeken is.