RUGBY – Die Springbokke sit hul Wêreldbeker-veldtog die naweek voort wanneer hulle Sondag teen Roemenië kragte gaan meet.
Die span word aangevoer deur Bongi Mbonambi terwyl Ox Nche en Vincent Koch die skrum gaan anker. Jean Kleyn en Marvin Orie is die slotpaar terwyl Marco van Staden , Kwagga Smith en Duane Vermeulen die lostrio sal vorm.
Cobus Reinach en Damian Willemse is die skakelpaar en Canan Moodie en Andre Esterhuizen dra die nommer 12 en 13 truie terwyl Makazole Mapimpi , Grant Williams en Willie le Roux die agterste driekwart sal vorm.
Die afskop is Sondagmiddag 15:00 (SA Tyd).