Die Bokke het die Pumas in Nelspruit ’n rugbyles gelees toe die Wêreld kampioen met ’n reuse telling van 48 – 7 die Kampioenskaps-titel gewen het.
Die Groen en Goud het 7 drieë ingeryg terwyl die Argentyne met ’n enkele 5-punter kon antwoord.
Eben Etzebeth het ook die eerste Springbok geword om sy land in die meeste toetse nog – naamlik 128 – te verteenwoordig het.
*In die Verenigde Rugby Kampioenskaps-reeks het die Bulle en Leeus ook met oorwinnings weggestap oor Edinburgh en Ulster. Die Ligbloues was met 22 – 16 baas op Loftus terwyl die Rooibontes met 35 – 22 op Emirates Airlines Park kon seëvier.
Die Stormers het weg gespeel teen Ospreys en met 24 – 37 die onderspit gedelf terwyl die 2024 Curriebeker-kampioen die Haaie met 30 – 36 aan die verloorkant was teen Connacht.