RUGBY – Die Springbokke het Roemenië gistermiddag in Bordeaux ’n rugbyles geleer toe die wêreldkampioen ’n wegholsege van 76 – 0 behaal het.

Suid-Afrika het 12 drieë gedruk wat ook ’n strafdrie ingesluit het terwyl Damian Willemse en Faf de Klerk ook met die doelskoppe suksesvol was.

Die puntetelling kon heelwat hoër gewees het maar Roemenië sal beslis dankbaar vir die reën wat net na die 1ste kwart van die wedstryd begin neërsak het en sodoende verhoed het dat die Springbokke  ‘n rekordtelling teen die Stejarri kon aanteken.

Suid-Afrika sal egter nou eerskomende naweek teen die wêreld se nommer een span Ierland kragte meet wat op sy beurt Tonga oorompel het met 59 – 16.

Die Bokke / Ierland wedstryd skop Saterdagaand om 21:00 af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×