RUGBY: Die Springbokke het ’n uit-vorm Wallabies span Saterdag in die eerste toets in Brisbane met 33 – 7 te pletter geloop.

Die Wêreldkampioen het vyf keer gaan druk terwyl die goue truie ’n gelukkige vyf punte aan die einde kon insamel. Die Bokke se nuwe nommer 10, Sacha Feinberg-Mngomezulu, was ook suksesvol met vier doelskoppe.

Die volgende toets is Saterdag om 11:45 (SA Tyd) in Perth.

* In die Curriebeker-reeks het die verdedigende kampioen die Cheetahs die WP onder moeilke speeltoestande met ’n bonuspunt sege geklop toe hulle die Streeptruie met 26 – 19 kon uitstof.

Die Bulle en die Leeus was ook aan die wenkant en het die Griffons met onderkeidelik 55 – 21 en die Pumas met 55 – 12 oorheers.

Die Haaie het die Griekwas Sondagmiddag in Durban gepak waar die Piesangboere met 40 – 21 die septer kon swaai.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×