RUGBY – Die Bokke het ook in hul nuwe uitrusting gewys dat hulle beslis oor die nodige skietgoed beskik om die Webb-Ellis trofee in die Frankryk te gaan verdedig toe hulle Pumas Saterdagaand in ‘n opwarmingswedstryd met 24 – 13 in Buenos Aires kon troef.
Die Pumas het verdedig asof hulle lewens daarvan afhang en moes ’n totaal van 169 duikslae uitvoer. Die Bokke kon net 2 keer die tuisspan se doellyn oorsteek terwyl die Argentyne met 1 drie beloon is.
Met die Wêreldbekergroep wat môre aangewys word is Canan Moodie en Grant Esterhuizen se plekke reeds bespreek nadat diè 2 spogvertonings agterlangs gelewer het.
Voorlangs het Jean Kleyn ook uitgetroon en sal beslis saam met Gerhard Steenekamp , Jean-Luc Du Preez en Evan Roos deel van die 33-tal uitmaak vir diè rugbyskouspel in Frankryk.