RUGBY –  Suid-Afrika en Ierland was in ’n Wêreldbeker-rillerstryd betrokke maar die afrondingswerk en verboude skoppe deur die Bokke het die Iere in staat gestel om met 13 – 8 deur te skraap.

Elke span is met ‘n drie beloon terwyl Johnny Sexton en Jack Crawley hul skopstewels aangetrek het. Manie Libbok was suksesvol met ’n enkele strafskop maar daarna het hy en Faf de Klerk op 11 punte uitgemis wat op die ou einde die verskil tussen wen en verloor was.

Alhoewel Ierland aanvanklik meer gebiedsvoordeel en balbesit geniet het was Suid-Afrika se lynstaanspringers gevaarlik in die 1ste helfte en in daardie afdeling die Iere ore aangesit.

Die Bokke se 7/1 bomb squad  met veral Ox Nche en Trevor Nyakane het ook dadelik ’n impak gemaak en Ierland se skrum laat les opsê.

Agterlangs het die momentum ontbreek en sal afrigter Jacques Nienaber beslis ook ’n paar veranderinge aanbring vir die Bokke se volgende kragmeting teen Tonga wat Sondagaand om 21:00 beslis word.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×