RUGBY – Die Springbokke het Saterdag in Nelspruit weereens gewys waarom hulle die wêreldkampioen is toe die Groen en Goud met ‘n telling van 26 – 10 hul eerste tuis oorwinning oor die All Blacks sedert 2014 behaal het.

Die tuisspan het twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier met ‘n skitterende Kurt-Lee Arendse en die ou strydos Willie le Roux wat in die voorlaaste minuut die oorwinning vir die Bokke verseël het terwyl Heinrich Pollard sy skopstewels aangehad het en 16 punte bygedra het.

Die haastige Arendse was ook in die 74ste minuut in ‘n skermutseling met Beauden Barrett in die lug betrokke toe albei vir die bal gerank het en beide spelers baie sleg geval het met Barrett wat ook op sy nek te lande gekom het. Die skeidsregter Angus Gardner het geen ander opsie gehad as om die Bok vleuel met ‘n rooi kaart vir gevaarlike spel af te stuur nie.

Die wedstryd was vir ‘n tyd lank gestop nadat mediese personeel die spelers behandel het maar beide was gelukkig om nie te ernstig beseer te wees nie.

Die 2de toets vind eerskomende Saterdag op Ellispark plaas en een ding is vir seker: Nieu-Seeland gaan met ‘n baie groot aanslag vorendag kom om die Bokke se wenmomentum in hul spore te stuit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×