RUGBY  –  Die Bulle en Stormers het goeie oorwinnings  die afgelope naweek in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks behaal.

Die Leeus het vir die eerste 20 minute die Ligbloues  op Loftus Versveld in toom gehou en vasgeklou aan ‘n 6 – 0 voorsprong maar uiteindelik met 21 – 13 verloor. Die tuisspan het 3 keer agter die pale gaan kuier terwyl die Rooibontes eers laat in die 2de helfte hul enigste drie kon aanteken.

Die Stormers en Haaie was in ‘n taai stryd gewikkel in die Kaapstad Stadion waar die tuisspan halftyd met 7 – 3 voorgeloop het. Die Kapenaars het 2 drieë teenoor die 1 van die besoekers gedruk en die wedstryd met 20 – 10 gewen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×