Die Bulle gaan Moedersdag in styl vier deur hul Verenigde Rugbykampioenskap Ronde 17-kragmeting teen Cardiff aan die inspirerende vroue in hul lewens op te dra.

Aanhangers word aangemoedig om ma’s, tannies, susters of enige vrou wat ‘n impak gemaak het saam te bring met diè dames wat gratis ingang geniet vir die wedstryd eerskomende Saterdag by Loftus Versfeld.

Kaptein Ruan Nortje sê die span is trots om die vroue te vereer wat hulle ondersteun het aangesien die Bulle gereed is vir ‘n deurslaggewende fase na die laaste ronde van agt en wat beloof om ‘n aksiebelaaide dag by diè stadion te wees.

error: Inhoud is beskerm !!