RUGBY – Die Toyota Cheetahs het die Europese Uitdaagbeker-reeks op ’n wennoot afgeskop toe die Oranje Masjien Saterdagmiddag die span van Pau ore aangesit het met ’n wentelling van 21 – 16.

Die besoekers het versigtig begin maar spoed begin optel namate die wedstryd gevorder het. Die plaasvervanger-flank Daniel Maartens was skitterend en het beïndruk met sy sterk breekslae , rotsvaste verdediging en het ook omgekeerde besit by die afbreekpunte verseker.

Die Cheetahs het 2 keer agter die doellyn gaan kuier terwyl Pau met 1 drie tevrede moes wees met Ruan Pienaar en Siya Masuku wat die res van die punte bygedra het met die skopskoen.

Die wedstryd het op ’n ietwat van ‘n suur noot geëindig toe een van Pau se spanbeamptes aan die skeidsregter Sam Grove-White rondgepluk het toe die eindfluitjie geblaas het. Pau het aanspraak gemaak op ’n strafskop wat nie aan hulle toegeken was nie terwyl die Cheetahs se afrigter Hawies Fourie ook na die tyd in ’n media-konferensie gesê het dat sy span gelukkig was dat die skeidsregter se beslissing nie teen hulle gegaan het nie.

Die Toyota Cheetahs speel eerskomende naweek teen Scarlets in Parma. Die wedstryd begin om 17:15 (SA Tyd).

7’s RUGBY – Nadat die Blitsbokke verlede naweek as die Dubai 7’s kampioen gekroon is het die Groen en Goud gistermiddag teen Samao in die halfeindronde vasgeval toe die eilandspan in bykomende speeltyd die wedstryd met ’n strafdoel beklink het vir ’n wentelling van 10 – 7.  

Samao het diè oorwinning oor die Blitsbokke regverdig deur Nieu-Seeland ook daarna in die eindstryd met 12 – 7 te troef.

Suid-Afrika kon ook nie in die uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje die knoop deurhak nie toe die VSA hulle uitoorlê het met ’n telling van 22 – 14.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×