Die Toyota Cheetahs het uiteindelik hul eerste sege in die Europese Uiitdaagbekertoernooi behaal toe hy Zebre Sondagmiddag in die Nasionale Rugby Sentrum in Amsterdam net-net met 22 – 18 kon troef.
Die Vrystaters se Cohen Jasper het in die 80ste minuut oorgeval vir sy span se wendrie terwyl terwyl die Italiaanse span ook met twee drieë kon terugantwoord.
Die Cheetahs sal nou poog om die wenmomentum te behou en reis na Matmut Stadion waar hulle Lyon OU eerskomende Saterdag om 19:30 (SA Tyd) gaan aandurf wat tans tweede in Groep Een is.
Die Leeus wat in Groep Twee meeding het egter nie die mas Saterdag opgekom nie nadat Montpellier Herault die Rooibontes met 28 – 5 gestuit het.
*In die Kampioene Beker-toernooi het die Stormers die Sale Sharks met 40 – 0 oorrompel terwyl die Haaie en die Bulle egter met leë hande terugkeer nadat hulle onderskeidelik met 20 – 8 deur Stade Toulousain en 49 – 10 deur Castres Olympique uitoorlê is.