RUGBY –Dit was nog ’n naweek propvol Curriebeker aksie wat Vrydagmiddag afgeskop het tussen die Griekwas en WP wat die Poubloues met 38 – 29 gewen het terwyl die Bulle ook die sukkelende Griffons uitoorlê het met 64 – 33.

Die Haaie het ook die Leeus se aanslag in Durban gestuit met ’n sege van 29 – 21 maar die uitstaan vertoning was beslis die Cheetahs se oorwinning teen die verdedigende kampioen die Pumas in die Mbombela stadion met ‘n telling van 29 – 14.

Die Vrystaters het ook nou ’n tuis halfeindronde wedstryd in diè kompetisie verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×