Die Bulle wat bo-aan die Curriebekerpunteleer is, het met 34 elk gelykop gespeel teen die Cheetahs in Bloemfontein.
Die rustydtelling was 10–3 in die Bulle se guns. Die Cheetahs, wat tweede op die punteleer is het vyf drieë aangeteken teenoor die Bulle se vier.
Saterdagmiddag kom die Haaie in Mbombela teen die Poemas te staan, en die WP speel in Kaapstad teen die Griffons.