Die Cheetahs klim Woensdag op die vliegtuig met ses veranderinge wat aan hul toergroep gemaak is vir die Europese Uitdaagbeker-reeks in Amsterdam.
Onder die voorspelers is vier veranderinge aangebring met die stut Robert Hunt wat ’n kuitbesering het en die flanke Oupa Mohoje en Gideon van der Merwe wat las het van ’n skouer en enkel besering en word onderskeidelik deur Neels Volschenk en Sisonke Vumazonke in die groep vervang. Die ervare slot Carl Wegner het ’n vinger beseer met Pieter Jansen van Vuren wat sy plek sal inneem.
Agterlangs bly Marco Jansen van Vuren en George Lourens ook by die huis en hul plekke word deur Jandrè Nel en Litha Nkula gevul.
Die Vrystaters speel Sondag om 15:00 (SA Tyd) teen Zebre in hul derde wedstryd van diè reeks en pak Lyon ses dae later in Frankryk.