RUGBY  – Die Toyota Cheetahs sal hul voorbereding vir die Europese Uitdaagbeker-reeks reeds Vrydag afskop wanneer hulle teen die Haaie in ‘n oefenwedstryd in Durban sal speel. Dan sal die Vrystaters ook die daaropvolgende week in nog ‘n laaste wedstryd teen die Griffons uitdraf voor die span op die vliegtuig klim vir hulle oorsese ekskursie.

Van die bekende gesigte wat terug in Bloemfontein is, is die 2 losvoorspelers Roelof Smit en Daniel Maartens. Smit het in sy eerste wedstryd van die Toyota-uitdaagreeks sy skouer beseer terwyl Maartens terugkeer na Bloemfontein vanuit Mbombela.

Maartens was een van diè sleutel spelers vir die Pumas in die Curriebeker halfeindstryd wedstryd toe diè flank gehelp het om omgekeerde besit vir die Laevelders te verseker het wat tot die Pumas se wendrie en waar hulle ook ‘n week later as Curriebeker-kampioene gekroon is.

Die Toyota Cheetahs sal vir al 4 hul wedstryde in die uitdaagreeks in Parma tuisgaan en speel hul eerste wedstryd teen die Franse span Section Paloise wat op 10 Desember om 14:00 (SA Tyd) afskop.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×