RUGBY – Die 2023 Curriebeker kampioen die Toyota Cheetahs is oorgehaal vir hul 2de oefenwedstryd teen ’n Leeus-vyftiental voor die Europese Uitdaagbeker-reeks ook eersdaags afskop.
Die Vrystaters sal sonder hul kaptein Victor Sekekete speel aangesien hy ook diè naweek die knoop gaan deurhak.
Die Cheetahs sal dan Zebre se vertoning daarna teen die Leeus in ’n Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd met arendsoë dophou aangesien diè Italiaanse span ook hul opponente in die 1ste wedstryd van die Europese Uitdaagbeker-reeks op 9 Desember gaan wees.
*Coenraad Klopper is ook Woensdagaand onbestrede as die nuwe President van die Vrystaatse Rugbyunie verkies.
Klopper wat ook voorheen ’n adjunk-president was vervang Jerry Segwaba wie se 2de ampstermyn ook sopas verstryk het.
Mpho Sekulisa, ‘n voormalige voorsitter van die Vrystaatse Vroue-Rugbyvereniging is ook die 1ste vroulike adjunkpresident in die unie se geskiedenis en sal saam met Jan-Hendrik Cronje ook ’n voormalige voorsitter van Oud-Greys die Vrystaat Rugbyunie se nuwe adjunk-presidente wees.