RUGBY – Met die Curriebeker-reeks wat ook nou die besigheidsend bereik is die Toyota Cheetahs en die Haaie onderskeidelik nou 1ste en 2de op die punteleer na die 11de ronde van hierdiè kompetisie.
Diè 2 spanne was ook Vrydagaand in aksie waar die Haaie ’n oorwinning van 35 – 23 behaal het terwyl die WP ook in hul kragmeting teen die Pumas met 22 – 14 kon seëvier.
Die Griffons het in Welkom teen die Griekwas met 21 – 47 vasgeval terwyl die buurstryd tussen die Leeus en Bulle vir heelwat spanning gesorg het wat die Ligbloues met 33 – 32 kon deurtrek.
In plaaslike skolerugby het Grey Kollege net weereens bewys dat hulle die beste skolerugbyspan in die land is deur Affies met ’n rekordtelling van 60 – 19 in Bloemfontein te verpletter. Fichardtpark het in hul rugbydag teen HTS Louis Botha ’n wegholoorwinning van 43 – 0 behaal terwyl Jim Fouche ook in ’n wegwedstryd teen Diamantveld met 36 – 22 koning kon kraai.
Die Blitsbokke het ook nog ’n teleurstellende vertoning in die Wêreld 7’s-Reeks in London gehad toe hulle slegs ‘n 9de plek kon behaal deur die VSA met 47 – 5 te klop.
Argentinië is as die uiteindelike wenner gekroon toe hulle Fidji met 35 – 14 uitgestof het.