RUGBY – Na ronde nommer 12 van die Curriebeker-reeks bevind die Toyota Cheetahs hulself nou 2de op die punteleer nadat hulle Saterdag gelykop gespeel het teen die Griekwas met 29 punte elk in Bloemfontein.
Dit was ’n wedstryd wat ook wipplank gery het en met 9 minute se speeltyd oor het George Whitehead die Poubloues met ‘n strafskop laat voorloop maar in die doodsnikke het die skeidsregter Cwengile Jadezweni ’n strafskop aan die tuisspan toegeken waarna Ruan Pienaar koel onder druk gebly het en met ’n sekuur skop sake gelyk getrek het.
In die ander wedstryde van die naweek het die Bulle die Pumas met 24 – 17 geklop , die Leeus het die WP onkant betrap met 34 – 12 terwyl die Haaie ook die Griffons met 35 – 9 getroef het.
In die Verenigde Rugby Kampioenskapsreeks het Munster die Stormers in ’n stampvol Kaapstad stadion met 19 – 14 gewen om as die nuwe kampioenspan gekroon te word.