Die Cheetahs en Griekwas is slaggereed om mekaar Saterdagmiddag in die SABeker-reeks in Kimberley die stryd aan te sê.
Die Direkteur van Cheetahs Rugby Frans Steyn het verskeie veranderinge aan sy begin 15-tal gemaak wat die Grens Bulhonde verlede week deurmekaar gehardloop het.
James Verity-Amm , Prince Nkabinde en Cohen Jasper vorm die agterste driehoek terwyl Carel-Jan Coetzee en Marco Jansen van Vuuren die middelveld patrolleer. George Lourens en Jandre Nel sal die skakelpaar wees.
Hencus van Wyk, Louis van der Westhuizen en Aranos Coetzee gaan die skrum anker terwyl Pieter Jansen van Vuuren en Victor Sekekete die slotkombinasie is. Jeandre Rudolph, Pierre Uys en Gideon van der Merwe sal ook probeer om genoeg besit by die afbreekpunte te verseker.
Die skeidsregter in diè kragmeting is Morne Ferreira.
Afskoptyd is 15:00 en word regstreeks op DSTV Kanaal 950 gestroom.