RUGBY – Die Toyota Cheetahs is tans bo-aan die punteleer in Curriebeker-kompetisie nadat hulle die WP Saterdag in ’n spannende wedstryd in die Toyota Stadion met 26 – 21 ore aangesit het.
Diè wipplank wedstryd was tot in die laaste paar minute nog in die weegskaal maar Munier Hartzenberg het die oorwinning vir sy span met ’n pragdrie verseker.
In die ander 3 wedstryde van die naweek het die Griekwas die Leeus met 25 – 21 verras , die Pumas het die Griffons met 45 – 25 oorrompel terwyl die Haaie ook die Bulle karnuffel het met ’n telling van 41 – 27.
In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks het die Stormers ook hul plek in die halfeindronde bespreek deur die Bulls met 33 – 21 te troef terwyl die Sharks deur ’n puik Leinster span getrap is met 35 -5.
Die Kapenaars ontmoet Connacht eerskomende Saterdag tuis in die 1ste halfeindronde wedstryd waarna Leinster en Munster sake sal uitspook vir die oorblywende plek wanneer die eindstryd op 27 Mei gespeel sal word.