RUGBY –  Die Toyota Uitdaagreeks het Vrydagmiddag in Bloemfontein afgeskop met die Cheetahs , Griekwas , Bulle , Opkomende Iere en die VSA Nasionale A-span wat in diè toernooi om R1 miljoen se prysgeld gaan meeding.

In die voorwedstryd het die Iere gewys dat hulle nie sonder handskoene aangedurf kan word nie en het die Griekwas met 54 – 7 verniel. Alhoewel die Poubloues meer gebeidsvoordeel geniet het kon hulle slegs 1 drie druk terwyl die oorsese besoekers 8 keer agter hulle opponente se doellyn ‘n draai gaan maak het.

In die hoofwedstryd was die Toyota Cheetahs ook net-net te goed vir Bulle en het met 17 – 14 gewen. Die span se nuwe kaptein Victor Sekekete sou tevrede gaan slaap het maar weet ook dat daar harde werk hierdie week op hulle wag wanneer die Cheetahs nou eerskomende Sondagmiddag die Iere in die Toyota Stadion gaan pak.

Diè wedstryd skop om 15:00 af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×