RUGBY – Die Cheetahs het hul veldtog in die Toyota Uitdaagreeks op ’n wennoot afgeskop met ’n naelskraapse oorwinning van 31 – 27 oor die Western Force in Bloemfontein.

Die 2023 Curriebeker kampioen het verskeie kanse gehad om meer punte op die telbord te plaas maar kon uiteindelik met 4 drieë tevrede wees terwyl die Force ook self 3 keer agter die pale grond gaan koop het.

Die volgende wedstryd in die Uitdaagreeks is eerkomende Saterdagmiddag om 15:00.

 

Die Springbokke het ook met ’n manjifieke poging die All Blacks verstom op Twickenham in hul laaste opwarmingswedstryd voor die Wêreldbeker-toernooi wat diè naweek wegtrek.

Die Groen en Goud het die All Blacks in alle afdelings oorheers en uiteindelik ook met ’n rekordtelling van 35 – 7 geseëvier.

Die Bokke het met hierdiè oortuigende oorwinning hul wêreldbeker-mededingers in kennis gestel dat die William Webb-Ellis trofee weer staanplek in die S.A. trofeekas moet kry.

Diè rugbyskouspel skop Vrydagaand om 21:15 (SA tyd) af wanneer die gasheerland Frankryk die einste Nieu-Seeland in die openingswedstryd gaan aanvat.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×