RUGBY– Die Curriebeker seisoen vir 2022 het die naweek afgeskop met 3 wedstyde wat afgehandel is.

Die Bulle wat die verdedigende kampioen is het die Pumas in Nelspruit op ‘n sopnat veld met 33 – 19 geklop terwyl die Westelike Provinsie teen die Leeus geskitter het met ‘n oorwinning van 48 – 36 in die Kaap.

Die Cheetahs het hul veldtog in die Toyota Stadion goed begin en met 30 – 20 teen die Griekwas geseëvier. Marnus van der Merwe, David Brits en Louis van der Westhuizen het elk 5-punte bygedra terwyl Ruan Pienaar die res met sy skopskoen aangeteken het.

Die Cheetahs se volgende wedstryd is die 2de Februarie teen die Bulle op Loftus Versfeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×