RUGBY – Dit was weereens ’n propvol rugby naweek met 4 wedstryde wat ook in die Curriebeker-reeks afgehandel is.

Die Toyota Cheetahs was tuis teen die Lees in aksie maar het ongelukkig met 26 – 33 vasgeval terwyl die Griekwas ook hul rieme styfgeloop het teen die Bulle in Kimberley en het met 20 – 40 die onderspit gedelf.

Die verdedigende kampioen die Pumas het met 22 – 24 teen die Haaie verloor terwyl die WP ook gelukkig was om die knoop met 25 – 21 teen die Griffons in Welkom deur te hak.

In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks het die Stormers hul plek in die eindstryd bespreek met ’n klinkende oorwinning van 43 – 25 teenoor Connacht. Die Kapenaars ontmoet Munster oor 2 weke in die moederstad nadat hulle die topspan in die kompetisie Leinster naelskraap met 16 – 15 geklop het.

In die Wêreld 7’s-Reeks kon die Blitsbokke ook weer nie die mas in Toulousse opkom nie toe Australië die Groen en Goud vir die 5de plek geklop het. Suid-Afrika is nou 7de op die punteleer terwyl die top 4 spanne outomaties kwalifiseer vir die Winter Olimpiese Spele volgende jaar in Nieu-Seeland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×