RUGBY – Die Toyota Cheetahs het ’n suksesvolle naweek op die rugbyveld gehad nadat hy die Valke in hul SA Beker kragmeting in Kempton Park met 68 – 17 kon platvee wat 10 drieë ingesluit het.
Die Cheetahs speel eerskomende Vrydagmiddag om 15:00 teen die Grens Bulldogs in Oos-Londen wat na 7 wedstryde nog geen oorwinning kon behaal nie en net 77 punte sover in hul veldtog kon insamel.
*By die Singapoer 7’s toernooi het die Suid-Afrikaanse spanne beter rekenskap van hulself gegee alhoewel hulle nie kon deurdring na die halfeindrondes nie.
Die Blitsbokke het in bykomende speeltyd teen Australië in die kwarteindronde met 24 – 29 vasgeval. In die wedstryd vir die 5de plek het die nommer 1 span Argentinië die Groen en Goud se harte weer in die doodsnikke gebreek om met ’n telling van 14 -10 as die HSBC 7’s Liga Kampioen gekroon te word.
Dit was egter die dames wat ’n baie goeie naweek gehad nadat hul 2 keer met die VSA kon afreken. In die uitspeelwedstryd vir die 9de plek het die Suid-Afrikaners met 5 – 0 gewen nadat hulle in die groepwedstryde ook met 14 – 12 die botoon kon voer.