RUGBY – Die Toyota Cheetahs pak die Pumas later vanaand in die 3de SA Beker wedstryd in die Toyota Stadion met die hekke wat reeds om 16:30 oopmaak.

14 van die 23 spelers uit die groep kom vanuit die Toyota Akademie wat ’n bewys is dat jong spelers in die plaaslike rugbysisteem ingetrek word om sodoende hul talent op die speelveld ook ten toon te stel.

Kaartjies is R50 vir die hoof paviljoen , R30 vir die oop paviljoen en R20 vir studente en kinders en is beskikbaar aanlyn by ticketpro.co.za  of die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion.

Die skeidsregter is Stephan Geldenhuys en hy word bygestaan deur Scott Oliver en Jason Marrow.

Afskoptyd is 18:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×