RUGBY – Die Toyota Cheetahs is Saterdagmiddag weer terug op speelveld wanneer hy Griekwas die stryd aansê in Jacobsdal ter voorbereiding van die SA Beker-toernooi.
Die Springbok vleuel Sbu Nkosi is ook in die begin 15-tal ingesluit en die span word aangevoer deur Louis van der Westhuizen.
Hekke by Hoërskool Landboudal maak reeds om 09:00 oop met die wedstryd wat 15:00 afskop.
Die skeidsregter is Stephan Geldenhuys met die kragmeting wat lewendig gestroom word op Youtube.
*Die SA Beker skop op Vrydag 22 Maart af met die Cheetahs en Boland wat mekaar in die Toyota Stadion gaan opdreun.