Die Vrystaat Cheetahs het aangekondig dat die Hoof Uitvoerende Bemapte Ross van Reenen se kontrak op 30 November 2024 ten einde loop.

Onder Van Reenen se leierskap het die Cheetahs twee keer die halfeindronde van die Curriebeker-reeks gehaal en is ook as die 2023 kampioen gekroon.

Van Reenen het ook die Cheetahs se terugkeer na internasionale kompetisies verseker wat die deelname aan die Europese Professionele Klub Rugby Uitdaag-reeks vir vier seisoene ingesluit het.

Vrystaat Rugby het ook twee uitverkoopte Springbok toetse aangebied in die Toyota Stadion in van Reenen se ampstermyn – Wallis in 2022 en Portugal in Julie vanjaar.

Die Raad van Direkteure sal ’n tussentydse Hoof Uitvoerende Beampte aanstel wat sal waarneem totdat ’n permanente aanstelling vroeg in die nuwe jaar gemaak sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×